Die Suid-Afrikaanse Christen Netwerk gaan voortaan direk met belangstellendes kommunikeer deur Signal.
Dit lyk en werk net soos WhatsApp, danksy Brian Acton, die medestigter van WhatsApp, wat daardie organisasie in 2017 verlaat het en Signal as medestigter tot stand gebring het.
Waar WhatsApp alle moontlike inligting oor gebruikers kollekteer, is Signal geskep om privaatheid te beskerm.
Alle kommunikasie word geënkripteer met 'n kode wat jy self kies as jy Signal installeer. Dit word dan geënkripteerd versend, terwyl dit net op jou en jou ontvanger se fone gestoor word en nêrens anders nie. Kommentators beskou Signal as die goudstandaard in sekure Internet kommunikasie.
Laai Signal af by:
https://signal.org/install
Dit vat net 'n paar minute om te installeer. Dit benodig jou selfoonnommer en 'n geheime numeriese kode wat jy self kies.
Die SACN kommunikeer reeds dag tot dag nuus deur Signal. Indien jy 'n behoudende persoon is en dit wil ontvang, stuur vir ons jou naam, selfoonnommer en die land waar jy jou bevind, sodat ons die regte landtelefoonkode kan byvoeg en met jou kan skakel.
Laat ons ook asseblief weet of jy inligting en preke, of net preke, of net inligting wil ontvang.
Jou persoonlike data wat jy hier verskaf, word geënkripteer om jou privaatheid te beskerm.